A k s i e p l a n . c o m
Voorwaardes en bepalings
Gebruik van Aksieplan.com se webwerf.

Wanneer u enige bladsye op hierdie webwerf oopmaak, impliseer dit dat u (die “gebruiker”) instem tot die volgende bepalings en voorwaardes vir die gebruik van hierdie webwerf.


KOPIEREG
Kopiereg 2006 © Aksieplan.com ("Aksieplan.com"), Suid-Afrika. Alle regte is voorbehou, tensy dit uitdruklik toegestaan word.
ONTKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID
VRYWARING
U vrywaar ons en stel ons skadeloos ten opsigte van enige verlies, aanspreeklikheid, aksies, regsgedinge, hofsake, kostes, eise en skade van watter aard ook al (insluitend direkte, indirekte, spesiale of voortspruitende skade), en ongeag of dit ‘n aksie is gegrond op ‘n kontrak, nalatigheid of enige ander aksie wat voortspruit uit of verband hou met die versuim of vertraging in die lewering van die dienste en/of inligting wat aangebied word op hierdie webwerf, of die gebruik van die dienste, inligting en/of beelde wat beskikbaar is op hierdie webwerf, hetsy as gevolg van ons nalatigheid of nie.
GEBRUIK
U mag die webwerf slegs gebruik vir wettige doeleindes en u onderneem dat u nie:
BELEID INSAKE PRIVAATHEID
Indien die webwerf van Aksieplan.com private inligting insamel van gebruikers, sal sodanige inligting nie aan ‘n derde party openbaar gemaak word nie, tensy daar so ooreengekom word tussen die partye of deur ‘n wetsproses.
Aksieplan.com is verbind daartoe om die privaatheid van u persoonlike data te respekteer. Ons streef te alle tye daarna om te voldoen aan toepaslike wetgewing wat die verifikasie, beskerming en onthulling van persoonlike inligting beheer.
SEKURITEIT
Dit is uitdruklik verbode vir enige persoon, besigheid of entiteit om ongemagtigde toegang tot enige inligting op hierdie webwerf te verkry of te probeer verkry, of om enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode aan hierdie webwerf te besorg of te probeer besorg. Enigiemand wat enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode aan hierdie webwerf besorg of probeer om ongemagtigde toegang te verkry tot enige bladsy op hierdie webwerf sal krimineel aanspreeklik gehou word, en indien Aksieplan.com enige verlies ly, sal ‘n siviele eis vir skadevergoeding ingestel word. KOEKIES
Ons kan sekere inligting (algemeen bekend as ‘n koekie (“cookie”)) op u rekenaar berg wanneer u ons webwerf besoek. Dit maak dit vir Aksieplan.com moontlik om u te herken tydens daaropvolgende besoeke. Die tipe inligting wat ingesamel word is nie-persoonlik (soos die IP-adres van u rekenaar, die datum en tyd van u besoek, watter bladsye u gelees het en watter bladsye suksesvol gelewer is). Afgesien daarvan om slegs basiese aansluiting en kommunikasie te vestig, kan Aksieplan.com ook hierdie data gebruik in kollektiewe vorm om ons webinligting by die gebruiker se individuele belangstellings en behoeftes aan te pas. Indien u dit verkies en afhangend van die webblaaier wat u gebruik, kan u eers daarvoor gevra word voordat u enige koekies aanvaar, of kan u keer dat u webblaaier enige koekies aanvaar. Dit sal egter meebring dat sekere eienskappe van die webwerf nie vir u toeganklik sal wees nie. BESKERMING VAN PERSOONLIKE DATA
Alle redelike stappe sal gedoen word om ‘n gebruiker se inligting te beskerm.
Gebruikers onderneem om nie hulle gebruikersnaam en wagwoord aan enigiemand anders mee te deel nie.
Aksieplan.com streef daarna om die vertroulikheid, integriteit en beskikbaarheid van u persoonlike inligting te beskerm. Let asseblief daarop dat Aksieplan.com nie verantwoordelik gehou kan word vir die beleid en praktyk insake privaatheid van ander webwerwe wat u besoek deur middel van skakels vanaf hierdie webwerf nie. Ons beveel aan dat u die beleid van elke webwerf wat u besoek nagaan en dat u daardie spesifieke organisasie kontak as u enige kommer of vrae het.
ELEKTRONIES KOMMUNIKASIE
Deur hierdie webwerf te gebruik of deur elektronies met Aksieplan.com te kommunikeer, stem die gebruiker in en erken dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, onthullings of enige ander kommunikasie voldoen aan enige wetlike vereiste, wat insluit maar nie beperk is nie tot die vereiste dat sodanige kommunikasie “skriftelik” moet wees.
INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE
Al die inhoud, handelsmerke en data op hierdie webwerf, insluitend teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting, databasisse, programmatuur, ontwerpe en ooreenkomste, is die eiendom van Aksieplan.com en word as sodanig deur plaaslike en internasionale wetgewing en verdrae beskerm teen skendings.
As die gebruiker erken u dat ons die intellektuele eiendomsregte besit in en tot hierdie webwerf en alle dienste of inligting wat daarin bevat word, en dat die ongemagtigde gebruik daarvan uitdruklik verbied word. Die woord of merk “Aksieplan.com” (ongeag hoe dit aangebied word, insluitend gestileerde aanbiedings), alle geassosieerde logo's en simbole en kombinasies van enige van die bogenoemde met ‘n ander woord of merk wat op hierdie webwerf gebruik word, is handelsmerke van Aksieplan.com.
SKAKELS EN OMRAMING
Geen persoon, besigheid of webwerf mag ‘n skakel skep na enige bladsy op hierdie webwerf sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van Aksieplan.com nie. Sodanige toestemming kan verkry word van die persoon waarna daar verwys word in klousule 1 hierbo.
Aksieplan.com mag skakels verskaf na ander webwerwe slegs vir die gebruiker se gerief, en die insluiting van enige skakel impliseer nie dat Aksieplan.com sulke webwerwe onderskryf nie.
Hiperskakels wat op hierdie webwerf verskaf word, indien enige, word voetstoots verskaf en Aksieplan.com stem nie noodwendig saam met of ondersteun nie noodwendig die inhoud van sodanige webwerwe nie.
Geen persoon, besigheid of webwerf mag hierdie webwerf of enige bladsy op hierdie webwerf op enige manier hoegenaamd omraam nie.
Geskakelde webwerwe of -bladsye is nie onderhewig aan die beheer van Aksieplan.com nie. Aksieplan.com sal nie direk of indirek op enige manier verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die inhoud, gebruik of onvermoë om enige geskakelde webwerwe of enige skakels wat bevat word in ‘n geskakelde webwerf te gebruik nie.
SOEKTEGNOLOGIE
Geen persoon, besigheid of webwerf mag enige tegnologie gebruik om enige inligting te soek en in te win vanaf hierdie webwerf sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van Aksieplan.com nie. Sodanige toestemming kan verkry word van die persoon waarna daar in klousule 1 hierbo verwys word.
Die gebruik van soektegnologie soos “webkruipers” of “webspinnekoppe” om inligting vanaf hierdie webwerf te soek en in te win is ontoelaatbaar. Sulke tegnologie kan lei tot die stadiger werking van hierdie webwerf se bediener of tot kopieregskending van enige data en inligting wat beskikbaar is vanaf hierdie webwerf.
VERANDERINGE EN WYSIGINGS
Aksieplan.com behou uitdruklik die reg voor, in sy alleen- en absolute diskresie, om enige kriteria of inligting op hierdie webwerf te verander en/of te wysig sonder kennisgewing.
Aksieplan.com behou die reg voor om die inligting, pryse en tariewe wat gekwoteer word, sowel as die bepalings en voorwaardes te verander en te wysig sonder enige kennisgewing.
ALGEMEEN
Hierdie bepalings en voorwaardes sal beheer word deur en geïnterpreteer word in ooreenstemming met die wette van Suid-Afrika, en u sal onderhewig wees aan die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe.
Hierdie bepalings en voorwaardes is herroepbaar, in die sin dat indien daar bevind word dat enige maatreël onwettig is of nie deur enige hof van bevoegde jurisdiksie afgedwing kan word nie, sodanige maatreël geag sal word om geskrap te wees sonder om die oorblywende maatreëls van die bepalings en voorwaardes te beïnvloed.
Ons onvermoë om enige besondere regte of maatreëls van hierdie bepalings en voorwaardes uit te oefen sal nie neerkom op ‘n vrywaring van sodanige reg of maatreël nie, tensy ons dit skriftelik erken en daartoe instem.
Hierdie bepalings en voorwaardes, soos van tyd tot tyd deur ons gewysig, verteenwoordig die enkele ooreenkoms tussen ons en u.
Hierdie bepalings en voorwaardes sal tot voordeel van Aksieplan.com wees en ons kan daarvan afstand doen volgens ons diskresie.
Hierdie webwerf word aangebied, beheer en bestuur vanuit die Republiek van Suid-Afrika en daarom sal die Suid-Afrikaanse reg beheer hê oor enige aksie ingevolge die gebruik van hierdie webwerf of onvermoë om dit te gebruik.

Skakels

afrikaans oppie net
www.dieknoop.co.za
www.rieme.co.za
jbay.biz
bongo's pub
jbaysurfboards.co.za
www.jeffreysbaybackpackers.co.za
www.jeristone.co.za
www.sabiz.biz
the sunflower restaurant
www.spinnerbaits.co.za
www.stfrancisbayleisure.co.za
bluwater fishing charters
the big fish web design

Valid XHTML 1.0 Transitional

CSS button